Abstract:
Suid-Afrika bedryf 'n wetenskaplike navorsingstasie op Marion eiland nadat die
eiland en Prins Edward eiland in 1948 as soewereine gebied van Suid-Afrika
verklaar is.
Navorsing het reeds begin met 'n spesiale ekspedisie na Marion en Prins Edward
eilande in 1965/1966. Vanwee die koue, stormagtige oseaanklimaat het 'n
behoefte aan 'n meer permanente navorsingstasie ontstaan.
Beplanning en oprigting van die eerste permanente basis is in die vroee laat
sestiger jare sewentigs gedoen en staan bekend as Marionhuis. Verskeie
uitbreidings, veranderings en sloping van geboue is sedertdien deur Departement
Openbare Werke onderneem.
Gegewens in hierdie verslag is benaderde syfers en word bloot gebruik om
omgewingstoestande te beskryf waarteen 'n konsep meesterplan vir 'n toekomstige
navorsingstasie ge-evalueer kan word.